![]() | |
Volledige naam | Fußball-Club 08 Homburg-Saar e.V. |
Stigtingsdatum | 1908 |
Tuisveld | Waldstadion, Homburg |
Kapasiteit | 22 500 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
FC 08 Homburg is 'n Duitse sokkerklub uit Homburg in die deelstaat Saarland. Die klub is in 1908 opgerig as FC Homburg. Na enkele naamsveranderinge is die amptelike naam sedert 1958 FC 08 Homburg.
Die klub is veral bekend daarvoor dat dit, komende van 'n klein stadjie (ongeveer 45 000 inwoners), die allerhoogste vlak in Duitsland, die Bundesliga, kon bereik. In Duitsland is dit 'n haas ongehoorde fenomeen. Die Duitse internasionale ster Miroslav Klose is 'n oud-speler van die klub.