![]() | |
Volledige naam | FC Augsburg 1907
GmbH & Co KGaA |
Stigtingsdatum | 8 Augustus 1907 |
Tuisveld | WWK Arena, Augsburg |
Kapasiteit | 30 660 |
Kompetisie | Bundesliga 1 |
FC Augsburg is 'n sokkerklub uit die Duitse stad Augsburg en is in 1907 gestig as FC Alemannia Augsburg.
In 1921 word die naam verander na BC Augsburg. In 1969 het die klub ernstige finansiële probleme ontwikkel en saamgesmelt met TSV 1847 Schwaben Augsburg en daarna bekendgestaan as FC Augsburg. Die Schwaben-klublede was egter ongelukkig met die samesmelting en het 'n jaar later weer afgestig (vandag speel Schwaben in die Landesliga Suid-Beiere).
In 1973 wen die klub die Regionalliga (toe 2de klas), maar verloor in die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga teen Tennis Borussia Berlyn. In die 2006/07-seisoen haal FCA die eerste keer die Bundesliga 2 sedert 1983.