FC Porto is 'n Portugese sportklub in die stad Porto, wat bekend is in die wêreld vir sy sokkerspan. By die klub beoefen hulle ook o.a. basketbal, boks, handbal, fietsry en swem. Die sokkerspan speel sy tuiswedstryde in die Estádio do Dragão, wat 'n kapasiteit van 52 000 sitplekke het. FC Porto is na hulle mededinger Benfica die gewildste span in die Portugese Primeira Liga en het al baie pryse gewen (soos twee keer die Champions League, twee keer die UEFA-Beker en 28 keer die nasionale titel). Die Drake het ook mededinging met die ander span uit Porto: Boavista FC.