![]() | |
Volledige naam | Fußball-Club Kempten im Allgäu e.V. |
Stigtingsdatum | 1903 |
Tuisveld | Illerstadion Kempten |
Kapasiteit | 9 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
FC Kempten is 'n sokkerklub in Kempten in die deelstaat Beiere in Duitsland.
Die klub se geskiedenis begin in 1903, toe die sokkerafdeling van Männerturnvereins Kempten opgerig is. In 1907 het die klub met twee ander plaaslike gimnastiekklubs saamgesmelt om Turnverein 1856 Kempten te vorm. Op 21 September 1908 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Fußball Club Kempten. In 1923 is daar weer met TV saamgesmelt, maar twee jaar later het hy opnuut weer onafhanklik geword.
Die klub het sy beste jare in die 1950’s en vroeë 1960’s beleef toe daar in die Amateurliga Suid-Baden gespeel is, destyds die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur.