FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
대한민국/일본 2001년 (ko)
2001 韓国/日本 (ja)
Toernooi-inligting
Gasheerlande Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
Vlag van Japan Japan
Datums 30 Mei – 10 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 6 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk Frankryk (1 titel)
Tweede plek Vlag van Japan Japan
Derde plek Vlag van Australië Australië
Vierde plek Vlag van Brasilië Brasilië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 31 (1.94 per wedstryd)
Bywoning 557 191 (34 824 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Shaun Murphy
Vlag van Frankryk Éric Carrière
Vlag van Frankryk Robert Pirès
Vlag van Frankryk Patrick Vieira
Vlag van Frankryk Sylvain Wiltord
Vlag van Suid-Korea Hwang Sun-hong
Vlag van Japan Takayuki Suzuki (2 doele elk)
Beste speler Vlag van Frankryk Robert Pirès
1999
2003

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 (Koreaans: 대한민국/일본 2001년; Japannees: 2001 韓国/日本; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 30 Mei tot 10 Junie 2001 in Suid-Korea en Japan aangebied en het vir die twee gashere as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gedien. Dit was die derde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Frankryk het die toernooi gewen nadat hulle die medegasheer Japan in die eindstryd geklop en sodoende die tweede span ná Brasilië in 1997 geword wat die kontinentale beker (2000), die wêreldbeker (1998) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Australië het in die derde en Brasilië in die vierde plek geëindig. Die ander medegasheer Suid-Korea is in die groepfase uitgeskakel. Dit was die derde toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die twee vorige 1997- en 1999- asook die daaropvolgende 2003-toernooi ingespan, maar daarna weer geskrap.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne