FIFA Confederations Cup South Africa 2009 FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Suid-Afrika |
Datums | 14 – 28 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (3 titels) |
Tweede plek | Verenigde State |
Derde plek | Spanje |
Vierde plek | Suid-Afrika |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 44 (2.75 per wedstryd) |
Bywoning | 584 894 (36 556 per wedstryd) |
Meeste punte | Luís Fabiano (5 doele) |
Beste speler | Kaká |
← 2005 2013 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Engels: FIFA Confederations Cup) is van 14 tot 28 Junie 2009 in Suid-Afrika aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien. Dit was die sesde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle die Verenigde State met 3–2 in die eindstryd geklop het. Spanje het in die derde en die gasheer Suid-Afrika in die vierde plek geëindig.