FSV Frankfurt

FSV Frankfurt

Volledige naam Fußballsportverein Frankfurt 1899 e.V.
Stigtingsdatum 20 Augustus 1899
Tuisveld Stadion Am Bornheimer Hang
Frankfurt am Main
Kapasiteit 32 000
Kompetisie 2. Bundesliga
Stadion Am Bornheimer Hang, Frankfurt am Main

FSV Frankfurt is 'n Duitse sportklub uit Frankfurt am Main, veral bekend vir sy sokkerafdeling.

Die klub is in 1899 gestig en speel in die skadu van sy groot stadgenoot Eintracht Frankfurt. In 1925 het die klub sy grootste prestasie behaal deur die eindstryd om die nasionale titel te haal, maar het 0-1 verloor teen 1. FC Neurenberg. In 1938 het die klub ook die eindstryd om die DFB-Pokal gehaal teen SK Rapid Wene (Oostenryk was toe nog 'n deel van Duitsland) en was vir 80 minute voor, maar daarna het Rapid 3 doele aangeteken.

Behalwe sokker, bied die klub ook atletiek, boks, veerpyltjies, handbal, yshokkie en tennis.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne