Fairchild Republic A-10 Thunderbolt II | |
---|---|
Tipe | Grondaanvalvliegtuig |
Vervaardiger | Fairchild Aircraft |
Nooiensvlug | 10 Mei 1972 |
Status | In diens |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 716 |
Die Fairchild Republic A-10 Thunderbolt II is 'n enkelsitplek-, reguitvlerk-, grondaanval-, straalaangedrewe vliegtuig. Dit is gebruik deur die Amerikaanse Lugmag en is vernoem na die Republic P-47 Thunderbolt. Dit word ook die Warthog genoem. Die Amerikaanse Lugmag het vliegtuie gedurende die oorloë in Korea en Viëtnam aangepas om die grondtroepe vanuit die lug by te staan, omrede die vliegtuie waaroor hulle desyds beskik het gebreke getoon het. Gebaseer op hierdie ondervinding het die Amerikaanse Lugmag weer na vliegtuie gekyk as 'n metode om 'n moontlike Sowjetaanval deur Sentraal-Europa af te weer, maar hierdie keer moes die ontwerp meer doelgerig wees. Die vliegtuig moes 'n swaar bomvrag kon dra, moes oor goeie uithouvermoë beskik en swaar vyandelike vuur kon absorbeer.