Fairey Battle | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Fairey Aviation Company |
Ontwerp deur | Marcel Lobelle |
Nooiensvlug | 10 Maart 1936 |
Onttrek | 1949 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Die Fairey Battle was 'n enkelmotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Britse Lugmag gebruik is. Die vliegtuig (model K 4303) het sy nooiensvlug op 10 Maart 1936 voltooi. Hierdie vliegtuig is ontwerp na aanleiding van Spesifikasie P.27/32 van die Britse regering vir 'n tweesitplekbomwerper vir daggebruik. Dit moes die Hawker Hart dubbeldekkervliegtuig vervang.