Fauna Europaea is ’n databasis met inligting oor die wetenskaplike name en verspreiding van alle lewende, veelsellige land- en seediere in Europa.[1] Die geld vir die daarstelling daarvan is aanvanklik deur die Europese Unie verskaf (2000-2004). Die projek word deur die Universiteit van Amsterdam medebestuur.