Federale Distrik Krim Крымский федеральный округ | ||||
Die ligging van die Federale Distrik Krim. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Deelgebiede | 2 | |||
Stigting | 21 Maart 2014 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Simferopol | |||
Leier | Oleg Belawentsef | |||
Amp | Presidensiële afgevaardigde | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2014 | |||
Totaal | 2 342 400 | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 27 000 km2 | |||
|
Die Federale Distrik Krim (Russies: Крымский федеральный округ) is een van die nege federale distrikte van Rusland. Dit is op 21 Maart 2014 gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland.[1] Die distrik sluit in die Republiek Krim en die federale stad Sewastopol, wat deur die grootste deel van die internasionale gemeenskap beskou word as deel van Oekraïne. Laasgenoemde land beskou die gebied saam met die Volksrepublieke Loegansk en Donetsk as "tydelik besette gebiede".[2][3]
Die administratiewe hoofstad van die federale distrik is Simferopol.