Fehling se oplossing

Fehling se oplossing

In organiese chemie is Fehling se oplossing 'n chemiese reagens wat gebruik word om te onderskei tussen funksionele groepe van wateroplosbare koolhidrate soos aldehiede en ketone en as 'n toets vir reduserende suikers en nie-reduserende suikers. Dit is aanvullend op Tollens se reagenstoets. Die toets is in 1849 deur die Duitse chemikus Hermann von Fehling ontwikkel

Fehling se oplossing word voorberei deur twee afsonderlike oplossings te kombineer: Fehling se A oplossing, wat 'n diepblou waterige oplossing van koper(II)sulfaat is, en Fehling se B oplosing, wat 'n kleurlose oplossing van waterige kaliumnatriumtartraat (ook bekend as Rochelle-sout ) is wat met natriumhidroksied sterk basies gemaak word . Hierdie twee oplossings is afsonderlik stabiel enword gekombineer wanneer dit vir die toets nodig is omdat die koper(II)-kompleks wat deur hulle kombinasie gevorm word nie stabiel is nie: dit ontbind stadig in koperhidroksied in alkaliese omstandighede. Die aktiewe reagens is 'n tartraatkompleks van Cu 2+, wat as 'n oksideermiddel dien. Die tartraat dien as 'n ligand. Die koördinasiechemie is egter kompleks en verskeie spesies met verskillende metaal tot ligand verhoudings is aangetoon.[1][2][3][4][5]

Indien die toets 'n positiewe resultaat het, verander die kleur van die oplossing van diepblou na rooi deur die vorming van 'n neerslag van koper(I)oksied.

Ander metodes om vergelykbare Cu(II)-toets-reagens-oplossings te berei is omtrent dieselfde tyd as Fehling s'n ontwikkel. Dit sluit in die Violette-oplossing (genoem na Charles Violette) en die Soxhlet-oplossing (genoem na Franz von Soxhlet ), wat albei tartraat bevat, en Soldaïni se oplossing (na Arturo Soldaïni), wat pleks daarvan karbonaat bevat.

  1. T. G. Hörner, P. Klüfers: The Species of Fehling's Solution. In: Eur. J. Inorg. Chem. 2016, S. 1798–1807, doi:10.1002/ejic.201600168.
  2. Fangfang Jian, Pusu Zhao, Qingxiang Wang: Synthesis and crystal structure of a novel tartrate copper(II) two-dimensional coordination polymer: {[Cu2(C4H4O6)2(H2O)2]·4H2O}. In: J. Coord. Chem. 58, 2005, S. 1133–1138, doi:10.1080/00958970500148446.
  3. C. K. Prout, J. R. Carruthers, F. J. C. Rossotti: Structure and stability of carboxylate complexes. Part VII. Crystal and molecular structures of copper(II)meso-tartrate trihydrate and copper(II)d-tartrate trihydrate. In: J. Chem. Soc. A, Inorg. Phys. Theo., 1971, S. 3336–3342, doi:10.1039/J19710003336.
  4. I. Quasim, A. Firdous, B. Want, S. K. Khosa, P. . Kotru: Single crystal growth and characterization of pure and sodium-modified copper tartrate. In: J. Cryst. Growth. 310, 2008, S. 5357–5363, doi:10.1016/j.jcrysgro.2008.09.021.
  5. N. D. Jespersen: Novel Copper-Tartrate Coordination Compounds. In: Anal. Let. 5, 1972, S. 497–508.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne