Feng shui | ||
![]() | ||
’n Feng shui-kompas (luopan). | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 風水 | |
Vereenvoudigde Chinees | 风水 | |
Pinyin | fēngshuǐ | |
Wade-Giles | feng1-shui3 | |
Jyutping | fung1seoi2 | |
Ander name | IFA: [fə́ŋ.ʂwèi] |
Feng shui (tradisionele Chinees: 風水, vereenvoudigde Chinees: 风水, ) ook bekend as Chinese waarsêery, is ’n skynwetenskap wat sy oorsprong in China gehad het. Daarvolgens word energiekragte gebruik om individue met hul omgewing te laat harmoniseer.[1] Die term feng shui beteken letterlik "wind-water", wat kom uit die begrafnisboek Zang Shu: "Qi dryf op die wind (feng) en versprei, maar bly waar dit water (shui) teenkom."[2]
Feng shui is een van die Vyf Kunste van Chinese metafisika, wat geklassifiseer word as fisionomie (die waarneming van verskynsels deur formules en berekenings). Die feng shui-praktyk bespreek argitektuur in terme van "onsigbare kragte" wat die heelal, aarde en mensdom saambind, bekend as qi.
Dit is histories algemeen gebruik om die gunstigste ligging vir geboue te bepaal – dikwels van spiritueel belangrike strukture soos grafte, maar ook van huise en ander strukture. Na gelang van die spesifieke styl feng shui wat gebruik word, kan ’n gunstige terrein bepaal word deur verwysings na dinge soos water, die sterre of die kompas.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter: |coauthors=
(hulp)