Feniks | ||||
Latynse naam | Phoenix | |||
Genitief | Phoenicis | |||
Afkorting | Phe | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 0h | |||
Deklinasie | -50º | |||
Grootte | 469 vk. grade (37ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Alpha Phoenicis (Ankaa) | |||
Naaste ster | Gliese 915 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 15 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 25 | |||
Simboliek | Voël wat uit sy as herbore word | |||
Meteoorreëns | Phoenicids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Beeldhouer, Kraanvoël , Toekan, Suidelike Waterslang (hoek), Eridanus, Oond | ||||
|
Die Feniks (Latyn: Phoenix) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is genoem na die mitologiese voël met dieselfde naam en was een van die 12 sterrebeelde wat in die 16de eeu deur Petrus Plancius geskep is na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Dit is duidelik te sien in die Suidelike Halfrond.
Daar is net een ster in die konstellasie wat helderder as 3 mag is: Alpha Phoenicis of Ankaa, ’n Arabiese woord wat "die feniks" beteken.