Fiat CR.42

Fiat CR.42
Twee CR.42's van 162 Eskader, 161ste Selfstandige grondgevegsgroep, Aegeaanse eilande, 1940
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Fiat
Ontwerp deur Celestino Rosatelli
Nooiensvlug 23 Mei 1938
Bekendstelling 1939
Onttrek 1948
Status Uit diens onttrek.
Hoofgebruikers Italiaanse Lugmag
Spaanse Lugmag
Vervaardig Februarie 1939 - Laat 1943
Aantal gebou 1 819
Ontwikkel van Fiat CR.32

Die Fiat CR.42 (Falco) is 'n Italiaanse dubbeldekkervliegtuig wat diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Dit was egter reeds verouderd toe dit in diens gestel is. Die Italiaanse Lugvaartministerie het geglo dat daar nog ruimte was vir dubbeldekkervegters. Hulle was beïndruk met die vorige Fiat CR.32 se prestasie in die Spaanse Burgeroorlog en het aangedring op 'n verbeterde vliegtuig. Op daardie stadium was die standaardvegter van metaal, monovlerk en met geslote kajuite.

Die Fiat CR.42 is aan die Italiaanse Lugmag afgelewer, asook aan Swede, België en Hongarye. Toe Italië by die oorlog aansluit, het hulle hul bomwerpers oor Frankryk ontplooi. Maar op 11 November 1940 het Britse Hawker Hurricane's egter die vliegtuie aan flarde geskiet.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne