Fidjiaanse Hindi Fiji Baat, फ़िजी बात | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Fidji Australië Kanada Nieu-Seeland Verenigde State | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 380 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Hindoestani Awadhi en Bhojpuri Fidjiaanse Hindi | |
Skrifstelsel: | Devanagari en Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Fidji | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | hif
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Fidjiaanse Hindi (Fiji Baat, फ़िजी बात, letterlik: "Fidji praat") is 'n Indo-Ariese taal wat deur mense van Indiese oorsprong wat in Fidji woon gepraat word. Dit is baie anders as die standaard Hindi wat in Indië gepraat word en die taalkundige verhouding tussen die twee tale is soortgelyk aan dié tussen Nederlands en Afrikaans. Die taal het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde. Dit is nou verwant aan Karibiese Hindoestani en die Hindoestani-variëteite van beide Mauritius en Suid-Afrika. Volgens letterkundige navorsings baseer Fidjiaanse Hindi wel op Hindi, maar in teenstelling met die Hindi van Indië het Fidjiaanse Hindi sy eie grammatika en woordeskat ontwikkel, wat meer vir Fidji geskik is.
Fidjiaanse Hindi dien saam met Engels en Fidjiaans as ampstale van die eilandnasie Fidji.[2] Fidjiaanse Hindi word veral die Latynse alfabet geskryf, maar soms ook in Devanagari, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Fidjiaanse Hindi het sowat 380 000 moedertaalsprekers. As gevolg van migrasies deur Fidjiane in onlangse jare word die taal nou ook in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State gebesig.