Fidjiaanse Rugbyunie | |
---|---|
![]() Kenteken van die Fidjiaanse Rugbyunie
| |
Engelse naam | Fiji Rugby Union |
Afkorting | FRU |
Land | ![]() |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1913 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1987 |
Vastelandse beheerliggaam | Oseanië Rugby |
President | Filipe Q. Tuisawau |
Setel | Suva, Fidji |
Amptelike tale | Engels en Fidjiaans |
Amptelike webwerf | fijirugby.com |
Die Fidjiaanse Rugbyunie (Engels: Fiji Rugby Union, afgekort “FRU”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Fidji beheer. Die beheerliggaam is in 1913 gestig en in Suva gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Fidji by Wêreldrugby en sedert 2000 ook by Oseanië Rugby (“OR”).