Finnair

Finnair Airbus A300 in 1995

Finnair (Fins: Finnair Oyj, Sweeds: Finnair Abp)[1] (IATA: AYICAO: FIN – Roepteken: FINNAIR) is die vlagskip[2] en grootste voldiens nalatenskaplugredery van Finland, met sy hoofkwartier in Vantaa op die terrein van die Helsinki-lughawe, wat ook sy spilpunt is. Finnair en sy filiale oorheers beide binnelandse en internasionale lugreise in Finland. Sy groot aandeelhouer is die regering van Finland, wat 55,9%[3] van sy aandele besit. Finnair is 'n lid van die Oneworld- lugrederyalliansie.

Finnair is die sesde oudste lugredery in deurlopende bedryf en word deurgaans as een van die veiligstes ter wêreld gelys.[4][5][6][7] Die maatskappy se slagspreuke is Designed for you en The Nordic Way.

Finnair McDonnell Douglas MD-87 in 1991
Finnish Airlines Douglas DC-3 van die laat 1940's, herstel na oorspronklike kleur in Oulu, (2014)
Finnair se hoofkantoor, House of Travel and Transportation.

In 2013 het Finnair sy nuwe hoofkantoor, bekend as House of Travel and Transportation (of "HOTT"), op wat vroeër 'n parkeerterrein reg langs sy vorige hoofkantoor in Tietotie 11, op die terrein van die Helsinki-lughawe was, geopen. Die konstruksie van HOTT het in Julie 2011 begin en in Junie 2013 betyds voltooi. Die vorige hoofkantoor was sedert 1994 in gebruik en het toe 'n hoofkantoor in die middestad van Helsinki vervang.[8][9]

  1. "Home | Finnair". company.finnair.com. Besoek op 31 Januarie 2023.
  2. Hofmann, Kurt (18 Januarie 2017). "Finnair denies interest in A350-1000; expands long-haul network". Air Transport World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2017. The Finland flag carrier is the A350 launch customer with 19 of the type on order, all scheduled for delivery by the end of 2023.
  3. "Shareholders". investors.finnair.com (in Engels). Besoek op 24 Augustus 2022.
  4. "Finnair is the Safest Airline in the World". Finland Today (in Engels). Besoek op 16 Junie 2020.
  5. "Data shows Finnair was world's safest airline in 2018". Helsinki Times (in Engels). Besoek op 16 Junie 2020.
  6. "Finnair one of the world's safest airlines". Good News from Finland (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2022. Besoek op 16 Junie 2020.
  7. "Sorglos reisen: Das ist die sicherste Fluglinie der Welt". FAZ.NET (in Duits). ISSN 0174-4909. Besoek op 5 Januarie 2019.
  8. "1994 Geargiveer op Wayback Machine."
  9. "Finnair likes it HOTT | Finnair blog". Blogs.finnair.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 18 Februarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne