Kaart van Vest-Agder | Wapen |
Ligging in Vest-Agder | |
Land | Noorweë |
Provinsie (Fylke) | Vest-Agder |
Koördinate | 58°19′N 06°40′O / 58.317°N 6.667°O |
Stigting | Voor 1580 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 551 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2015) | 9 069[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 16,4/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Jan Sigbjørnsen (Høyre) |
Amptelike webwerf | flekkefjord.kommune.no |
Flekkefjord is die mees westelike stad en munisipaliteit (Noors: kommune) in die Sørland-streek aan die suidweskus van Noorweë. Flekkefjord lê in die provinsie (fylke) Vest-Agder en grens in die weste aan die munisipaliteite Sokndal en Lund (provinsie Rogaland), in die noorde aan Sirdal en in die ooste aan Kvinesdal.
Flekkefjord het op 1 Januarie 1838 'n munisipaliteit geword en op 1 Januarie 1965 met die landelike munisipaliteite Bakke, Gyland, Hidra en Nes saamgesmelt. Die stad het reeds in die 17de eeu 'n belangrike ekonomiese rol as uitvoerhawe vir Noorse hout gespeel. As gevolg van die houthandel met die Nederlanders het talle Flekkefjorders hulle tydelik of permanent in Nederland gevestig.