Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Flespos (ook bottelboodskap, bottelpos of bottelbrief) is die benaming wat vir ’n gesprekmiddel gebruik word, waartydens ’n boodskap, dig in ’n fles verseël, (gewoonlik ’n glasbottel, hoewel enige houer wat daartoe in staat is om te dryf en waterdig te bly, aangewend kan word) ter water gelaat word. Hierdie betrokke boodskappe word merendeels nie na ’n bepaalde iemand gerig nie, maar word eerder aan die seestrome oorgelaat wat die eindbestemming, en dus ook die ontvanger daarvan, beïnvloed. Vanweë die eenvoud word sulke briewe dikwels vereenselwig met persone wat op ’n verlate eiland gestrand is, in ’n poging om te hulp gesnel te word. Baie mense stuur egter hierdie boodskappe uit genot, om vas te stel hoe groot die afstand is wat hul bottelboodskap kan aflê, of om nuwe kennisse te bereik. Dit word ook vir wetenskaplike navorsing rakende seestrome ingespan. Flespos of bottelboodskappe kan ook na enige boodskap verwys wat sonder ’n voorafbepaalde bestemming weggestuur word.