Foliensuur se struktuur | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
![]() | |
Chemie | |
Chemiese formule | C19H19N7O6 |
Molêre massa | 441,1396 g/mol |
Oplosbaarheid | 85 g/L |
CAS registernommer | 59-30-3 |
Foliensuur ook genaamd vitamien B9 of folaat is 'n wateroplosbare vitamien van die vitamien B-kompleks.
Vitamien B9 (foliensuur en folaat) is noodsaaklik vir verskeie funksies van die liggaam. Dit is onontbeerlik tydens vinnige selvorming, soos tydens swangerskap wanneer die embrio vinnig groei. Dit help ook in die vorming van rooibloedselle, sintese van DNS en herstel van RNS van volwassenes en kinders.