Folland Gnat

Folland Gnat
Gnat T.1 van die RAF Central Flying School in 1974 in vlug
Tipe Straalvegter
Vervaardiger Folland Aircraft
Ontwerp deur W. E. W. Petter
Nooiensvlug 18 Julie 1955
Bekendstelling 1959
Status Onttrek
Hoofgebruikers Britse Lugmag
Indiese Lugmag
Aantal gebou 449

Die Folland Gnat is 'n Britse vegvliegtuig wat in Groot-Brittanje vir opleiding gebruik is en slegs in ander lande as 'n vegvliegtuig. Die vliegtuig was aanvanklik ontwikkel as 'n vegvliegtuig deur 'n privaat instansie en die Midge genoem wat vir die eerste keer in Augustus 1954 gevlieg het. Terwyl vegvliegtuie op daardie stadium groter en meer kompleks geword het, het die ontwerper W.E.W. Petter 'n liggewig vegvliegtuig ontwikkel deur gebruik te maak van kleiner straalmotore.

Die Britse regering het ses Gnat's bestel vir opleiding maar nie 'n enkele model as 'n vegvliegtuig nie. Later het die Britse Lugmag die waarde van die Gnat besef as 'n tweesitplek opleiding vliegtuig en 105 eenhede bestel. Indië het egter die waarde van die vliegtuig as 'n vegvliegtuig besef en het 213 van eenhede onder lisensie gebou teen 1973. Tydens die Indies-Pakistanse Oorlog van 1971 het die Indiese Gnat's hul goed van hulle taak gekwyt. In 1974 het Hindustan Aircraft Ltd 'n oorkoms aangegaan om die Gnat II (Ajit) te bou.

Finland het ook Gnat vegvliegtuie tussen 1958 en 1972 bedryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne