Fon fɔ̀ngbè | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [fɔ̃̀ɡ͡bē] | |
Gepraat in: | Benin Nigerië Togo | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 1,9 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Volta-Kongo Volta-Niger Left Bank Gbe Fon | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | fon
| |
ISO 639-3: | fon
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Fon (fɔ̀ngbè, [fɔ̃̀ɡ͡bē]) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 1,9 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Fon-volk gepraat en is veral in die suide van die lande Benin, Nigerië en Togo versprei.
Fon behoort tot 'n groep van verwante tale, die Gbe-tale, wat in die weste deur die Voltarivier begrens word en oor die suide van die lande Ghana, Togo, Benin en Nigerië langs die kus van die Bog van Benin streek. Hierdie Gbe-tale vorm 'n dialekkontinuum bestaande uit Aja, Ewe, Fon, Gen en Phla-Pherá.
Fon is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Die bekendste woord is waarskynlik vodun [vodṹ] wat in Ewe en Fon "gees" of "godheid" beteken. Fon vorm saam met ander tale die grondslag waaruit Haïtiaanse Kreools ontwikkel het.[2]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |deadurl=
geïgnoreer (hulp)