![]() 1967 Ford Fairlane Ranchero | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford Motormaatskappy |
Ook genoem | Ford Falcon Ranchero Ford Fairlane Ranchero |
Produksie | 1957–1979 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Volgrootte (1957–1959) Kompak (1960–1965) Mediumgroot (1966–1979) |
Bakstyl | Tweedeurkoepeenuts |
Uitleg | voorenjin, agterwieldryf |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Ford Fairlane, Ford Falcon |
Die Ford Ranchero was 'n koepeenuts wat tussen 1957 en 1979 geproduseer is. In teenstelling met 'n bakkie, was die Ranchero aangepas van 'n tweedeurstasiewaplatform wat die kajuit en vragbed met die bakwerk geïntegreer het. Altesaam 508 355 eenhede is gedurende die model se produksieloop geproduseer.[1] Dit was aangepas uit volgrootte, kompakte en intermediêre motors wat deur die Ford Motormaatskappy vir die Noord-Amerikaanse mark gebou is.
Gedurende die 1970's is die Ranchero-naam op die Suid-Afrikaanse mark gebruik vir 'n her-embleemde Australiese Ford Falcon-nuts. Hierdie voertuie is in volledig-afgetakelde vorm (CKD) na Suid-Afrika verskeep, en in Port Elizabeth aanmekaar gesit.[2] In Argentinië was 'n nutsweergawe van die plaaslikvervaardigde Ford Falcon ook bekend as die Ranchero.[3]
Die Ranchero het so goed verkoop, dat 'n mededinger uit General Motors se stal ontluik het in 1959, die Chev El Camino.[4]