Ford Expedition

Ford Expedition
Oorsig
Vervaardiger Ford Motormaatskappy
Produksie 1996–huidig
Bakwerk en onderstel
Klas Volgrootte SNV
Bakstyl 5-deur SNV
Uitleg Voorenjin, agterwielaandrywing / vierwielaandrywing
Spesifikasies
Massa 2631 kg (standard)
2754 kg (EL)[1]
Plek in geskiedenis
Voorganger Ford Bronco (standaard)
Ford Excursion (Expedition EL/Max)

Die Ford Expedition is 'n volgrootte sportnutsvoertuig (SNV) wat deur die Ford Motormaatskappy gebou en in Amerika bemark word en 'n topverkoper bly.[2] Dit is in 1996 bekendgestel vir die 1997-modeljaar as 'n plaasvervanger vir die Ford Bronco. Die grote het voorheen tussen die kleiner Ford Explorer en die groter Ford Excursion ingepas, maar sedert die 2005 modeljaar is dit die grootste Ford nutsvoertuig en laaste Ford wat op 'n bakkie gebaseer was.

Die Expedition is grootliks gebaseer op die Ford F-150 bakkie en gaan voort om verskeie komponente (transmissie, elektronika, onderstelbeheerstelsels, sleepfunksies, ens.) te deel met die volgrootte halftonbakkie. Sedert 2007 word sitplek vir tot agt passasiers gebied. Vanaf sy bekendstelling in 1996 tot 2014 is dit aangedryf deur 'n standaard Triton V8-enjin. In 2015 is dit vervang met 'n meer kompakte, dog doeltreffender en kragtiger 3.5L EcoBoost V6-enjin. Die Expedition vervang die Excursion, waarvan produksie in 2005 gestaak is, en Ford bied tans die standaardgrootte model en die langer EL/Max model (van 2007 tot op hede) aan.

'n Aangepaste diensvoertuig weergawe is beskikbaar vir wetstoepassingsagentskappe, brandweerdepartemente en mediese nooddienste.

  1. "2009 Ford Expedition Safety" (in Engels). Consumer Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2012. Besoek op 9 Mei 2009.
  2. "Ford SA's passenger-car exodus: a look at the sales figures", Ryan Bubear, www.bizcommunity.com, 6 Apr 2022

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne