Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford |
Produksie | 2008–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | oorkruis SNV |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaangedrewe |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Ford Freestyle |
Die Ford Flex is 'n volgrootte oorkruis SNV[1] wat sedert die 2009 modeljaar deur die Ford Motormaatskappy vervaardig word. Dit word beskou as die plaasvervanger vir die Ford Freestar, en is nie bemark as 'n minibus nie want dit het konvensionele klapdeure; en ook as die plaasvervanger vir die Ford Taurus X (Freestyle). Die Flex word langs die Ford Edge en Lincoln MKX mediumgrootte SNVs by die monteeraanleg in Oakville, Ontario geproduseer, waar die eerste Flex van die lyn af geloop het in Junie 2008.[2] Die Flex word slegs in die VSA, Kanada en die Midde-Ooste verkoop. Die Ford Flex deel 'n platform met die 2011-hede Ford Explorer en die Lincoln MKT; dit was een van die eerste Fordvoertuie wat sonder 'n Mercury-eweknie ontwerp is.