Fornebu | |
---|---|
Fornebu in Desember 2007
| |
Provinsie | Akershus |
Munisipaliteit | Bærum kommune |
Word begrens deur | Lysaker (noorde), Snarøya (suide) |
Fornebu, soms ook Fornebo, is 'n skiereilandagtige gebied tussen Lysaker en Snarøya in die munisipaliteit Bærum in die Noorse provinsie Akershus, wat aan die westelike stadsgebied van Oslo grens. Die naam is afgelei van die plaas Fornebo.
Fornebu staan veral bekend vir die gelyknamige internasionale lughawe wat vanaf 1939 tot 1998 as Oslo en Noorweë se beduidendste lughawe gedien het. Hierdie funksie word intussen deur die nuwe Gardermoen-lughawe vervul.