François le Vaillant | |
Gebore | 6 Augustus 1753 Paramaribo, Suriname |
---|---|
Oorlede | 22 November 1824 Sézanne, Frankryk |
Burgerskap | Frankryk |
Vakgebied | Ornitologie |
Francois le Vaillant (ook François Levaillant, 1753 in Suriname – 1824 in Frankryk) was 'n Franse voëlkenner, verkenner, versamelaar, avonturier, kunstenaar en skrywer wat tussen 1781 en 1784 reise aan die Kaap die Goeie Hoop onderneem het. Sy reisverhale is van belang vir die geskiedskrywing sowel as vroeë ornitologie van die Kaap. Vir 'n tyd is beweer dat hy nie-Europese voorsate gehad het, maar dit is weerlê.[1] Hy het op voëlkunde gespesialiseer en na wye Europese reise in 1781 in die Kaap aangeland. Tydens sy driejarige verblyf kon hy die Karoo, Namakwaland, die Kalahari en dele van die oosgrens besoek. Sy reisverslag wat etlike oordrywings en versinsels bevat het, het gou groot aanhang in Europa verwerf en is in baie tale vertaal. Sy Voëls van Afrika (Histoire naturelle des oiseaux d'Afrique) het 'n standaardwerk gebly.[1]