Frans I | |
---|---|
Koning van Frankryk | |
Frans I van Frankryk | |
Dinastie | Valois |
Bewind | 1 Januarie 1515 – 31 Maart 1547 |
Kroning | 25 Januarie 1515 |
Gebore | 12 September 1494 |
Kasteel van Cognac, Frankryk | |
Gesterf | 31 Maart 1547 |
Kasteel van Rambouillet, Frankryk | |
Saint Denis Basiliek, Saint-Denis, Frankryk | |
Voorganger | Lodewyk XII |
Opvolger | Hendrik II |
Gade | Claude, Hertogin van Bretagne Eleanor van Oostenryk |
Kinders | Frans III, Hertog van Bretagne Hendrik II van Frankryk Magdalena, Koningin van Skotland Karel, Hertog van Orléans Margaretha, Hertogin van Berry |
Vader | Charles, Graaf van Angoulême |
Moeder | Louise van Savoy |
Frans I (12 September 1494 – 31 Maart 1547) is in 1515 in Reims tot koning van Frankryk gekroon en regeer tot sy dood in 1547.
Frans I is op 12 September 1494 in Cognac gebore. Hy was die enigste seun van Karel van Angoulême en Louise van Savoye. Hy behoort tot die bloedlyn Valois-Angoulême van die Huis Valois.
Op 18 Mei 1514 trou hy met Claude van Frankryk. Sewe kinders is uit die huwelike gebore. Twee kinders sterf voor 8-jarige ouderdom en 'n verdere twee sterf tussen 18 en 23 jaar. Die wat volwassenheid bereik het is:
Hy is op 31 Maart 1547 in die Kasteel van Rambouillet oorlede en is in die Katedraal van Saint-Denis begrawe.