Frans Erasmus

François Christiaan Erasmus
Frans Erasmus
Minister Erasmus in 1953

Ampstermyn
12 Desember 1959 – 10 Augustus 1961
Eerste minister Hendrik Verwoerd
Voorafgegaan deur Charles Robberts Swart
Opgevolg deur John Vorster

Ampstermyn
4 Junie 1948 – 12 Desember 1959
Eerste minister
Voorafgegaan deur Jan Smuts
Opgevolg deur Jacobus Johannes Fouché

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Januarie 1896
Houtenbeck, Merweville, Kaapkolonie
Sterf 1 Julie 1967 (op 71)
Bredasdorp, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Christina Wiese

François Christiaan Erasmus (19 Januarie 1896 - 1 Julie 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party. Hy was die Minister van Verdediging van Junie 1948 tot 1959, en Minister van Justisie van 1959 tot Augustus 1961.

Hy is op Houtenbeck in die Merweville-distrik van die Kaapkolonie gebore as seun van Marthinus Frederik Erasmus en Hester Maria Jacoba Maritz.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne