Franse Vloot Marine Nationale | |
---|---|
Seël van die Franse Vloot
| |
Gestig | 1624 |
Land | Frankryk |
Onderdeel van | Franse Weermag |
Tipe | Vloot |
Aantal lede | 36 776 personeel (2014) |
Kommandostruktuur | Franse Gewapende Magte |
Kleur | Rooi, wit en blou |
Uitrusting | 98 skepe [1] 206 vliegtuie[2] |
Veldslae | verskeie |
Die Franse Vloot (Frans:Marine Nationale) is die vloot van die Franse Weermag.[3]
Die Minister van Verdediging is verantwoordelik vir die uitvoering van Franse militêre beleid. Hy word geadviseer deur die Hoof van personeel van die Vloot in verband met die gebruik van magte en die beheer oor vlootoperasies. Die Hoof van Personeel van die Franse Vloot is verantwoordelik vir die opstel en logistieke ondersteuning van die vloot.