Franse roosterbrood

Franse roosterbrood
Land Romeinse Ryk
Hoofbestanddeel brood, eier, melk
Ander bestanddele room, suiker, stroop, speserye
Variasies sien teks
Bereiding en voorsit
Gaarmaaktyd ± 4 min
Franse roosterbrood bedek met vrugte, botter en room, bedien met esdoringstroop

Franse roosterbrood (ook eierbrood genoem) is 'n gereg gemaak van gesnyde brood wat in geklitste eiers en gewoonlik melk geweek is en dan gebraai word. Alternatiewe name en variante sluit in "Bombay toast", "German toast", "gypsy toast", [1] en "poor knights" (van Windsor). [2]

Wanneer Franse roosterbrood as soetgereg bedien word, word melk, suiker, vanielje of kaneel ook gereeld bygevoeg voordat dit gebraai word, en dan kan dit met suiker, botter, vrugte of stroop gevul word. As dit 'n soutgereg is, word dit gewoonlik met 'n knippie sout of peper gebraai, en dan kan dit saam met 'n sous soos tamatiesous of mayonnaise bedien word. [3] [4] [5] [6]

  1. Mille (24 Februarie 2002). "Gypsy Toast". food.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 19 Januarie 2015.
  2. Oxford English Dictionary, 3rd ed., 2006, s.v. 'poor' S3
  3. Rachel Phipps. "Eggy Bread". BBC Food. Besoek op 27 Februarie 2020.
  4. Jamie Oliver. "How to make French toast". Besoek op 27 Februarie 2020.
  5. "Eggy Bread". Australia's best recipes. Besoek op 27 Februarie 2020.
  6. "How To Make Yumurtalı Ekmek (Eggy Bread)". Turkey's for life. Besoek op 27 Februarie 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne