Fred Lawrence Whipple | |
Fred Whipple in 1927
| |
Gebore | 5 November 1906 Red Oak, Iowa |
---|---|
Oorlede | 30 Augustus 2004 (op 97) Cambridge, Massachusetts |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Sterrekunde |
Instelling(s) | Harvard College Observatory |
Bekend vir | Bestudering van komete |
Fred Lawrence Whipple (5 November 1906 – 30 Augustus 2004) was ’n Amerikaanse sterrekundige wat langer as 70 jaar by die Harvard-kollegesterrewag gewerk het. Hy het onder meer ’n paar asteroïdes en komete ontdek, met die "vuil sneeubal"-teorie vorendag gekom en die Whipple-veld ontwerp.