Frederik I | |
![]() + SIGILLU[M] D[OMI]NI FRIDERICI D[UX] E[T] CO[MI]ITTIS | |
Hertog van Lotaringe
| |
Voorafgegaan deur | Simon II |
---|---|
Opgevolg deur | Frederik II |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | omstreeks 1143 |
Sterf | 7 April 1206 |
Kind(ers) | Frederik II |
Frederik I (Frans: Ferry of Ferri) (omstreeks 1143 – 7 April 1206) was vanaf 1205 tot sy dood Hertog van Lotaringe. Hy was die tweede seun van Matteus van Lotaringe en Berta van Swabe (ook bekend as Judith), dogter van Frederik II van Swabe. Hy het sy broer Simon II opgevolg. Simon het hom in 1176 aangestel oor die graafskap van Bitche, en deur die Verdrag van Ribemont (1179) sy seggenskap oor die noordelike, Germaanssprekende deel van Lotaringe erken. Berta wou gehad het dat hy al sy vader se besittings oorneem, maar 'n uitmergelende burgeroorlog van drie jaar het hom slegs Bitche en 'n halwe porsie daarvan besorg.
Simon II het in 1205 uitgewyk na 'n klooster en Frederik se seun, Frederik II van Lotaringe, as erfgenaam erken. Nieteenstaande die feit het Frederik al die besittings geërf, maar hy is egter 'n jaar later dood. Derhalwe is die erfenis en besittings deur sy seun geërf, déúr sy moeder Ludmilla (1150–1223),[1] dogter van Mieszko III die Ouere (van die Piaste-dinastie), Hertog van Groot-Pole, en Koning (aartshertog) van Pole. Hul kinders was: