Freshlyground

Freshlyground
Agtergrondinligting
OorsprongKaapstad (Suid-Afrika)
GenresAfropop
Jare aktief2002 — 2019
EtiketteSony BMG Africa
Freeground Records
Webwerffreshlyground.com
LedeZolani Mahola
Simon Attwell
Peter Cohen
Kyla Rose Smith
Julio Sigauque
Josh Hawks
Aron Turest-Swartz
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "huidige_lede"

Freshlyground is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in 2002 in Kaapstad tot stand gekom het. Die groeplede is afkomstig uit Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe. Freshlyground meng elemente van tradisionele Suid-Afrikaanse musiek soos kwela en Afrika-volksmusiek, asook blues, jazz en indie rock. Die voorsangeres is Zolani Mahola, en haar unieke stem is 'n groot bydraer tot die groep se unieke styl. Hulle het groot bekendheid verwerf in 2004 met hul liedjie "Doo Be Doo" in hul album "Nomvula". Zolanie Mahola die voorsangeres, Simon Attwell behartig die fluit, mbira en mondfluitjie, Peter Cohen is op die tromstel, Kyla Rose Smith speel viool en behartig agtergrondsang, Julio "Gugs" Siguaque is op die akoestiese kitaar, Josh Hawks speel die baskitaar en behartig agtergrondsang, en Aron Turest-Swartz speel die klawerbord, slaginstrumente, en sing in die agtergrond.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne