Swartwoud-Baar-distrik | Wapen |
Vlag | |
Voer geen vlag nie | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Koördinate | 48°3′ N, 8°13' O |
Stigting | Voor 1179 |
Stadstatus | 1873 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 82,57 vk km |
Hoogte bo seevlak | 850-1150 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 9 192[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 111,3/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Josef Herdner |
Amptelike Webwerf | www.furtwangen.de |
Furtwangen im Schwarzwald is 'n klein stad in die Swartwoud-bergreeks van die Suidwes-Duitse deelstaat Baden-Württemberg met 'n oppervlakte van 82,57 vierkante kilometer en 'n bevolking van 9 192 (soos op 31 Desember 2013). Die stad, wat in administratiewe opsig deel uitmaak van die Swartwoud-Baar-distrik, is die setel van die Hochschule Furtwangen, 'n tersiêre onderwysinstelling, en die Deutsches Uhrenmuseum (Duitse Klokmuseum) met sy internasionaal bekende versameling van Swartwoudklokke.