Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
GABA spronge, soms ook BASE jumping, is valskermspring of vleuelpakspring wat van 'n vaste struktuur of afgrond af onderneem word. "GABA" is 'n akroniem wat bestaan uit vier kategorieë vaste voorwerpe waaruit 'n mens kan spring: gebou, antenna, brug en aarde (krans).[1][2] Vanweë die laer hoogte van die spronge, is GABA-spring aansienlik gevaarliker as valskermspring vanuit 'n vliegtuig. In die VSA word GABA-spring tans deur baie mense beskou as 'n ekstreme sport of waaghalstoertjie.[3]
Die akroniem "BASE" is deur die rolprentmaker Carl Boenish, sy vrou Jean Boenish, Phil Smith en Phil Mayfield geskep. [4] Carl Boenish was die katalisator vir moderne GABA-spring, en in 1978 verfilm hy die eerste GABA-spronge wat met behulp van lugrem-valskerms en die vryvalsporingstegniek (van El Capitan in Yosemite Nasionale Park) gemaak is.[5] Terwyl daar voor daardie tyd reeds GABA-spronge was, is die El Capitan-aktiwiteit die effektiewe geboorte van wat nou GABA-spring genoem word.