Gaia | |
---|---|
’n Model van die Gaia-ruimtetuig.
| |
Gelanseer deur | ESA |
Vuurpyl | Soyuz ST-B/Fregat-MT |
Datum | 19 Desember 2013[1] |
Tipe sending | Ruimtesterrewag |
Plek | Son-Aarde se L2 |
Duur van sending | Oorspronklik beplan vir 5 jaar;[2] verleng met twee tot vier jaar[3] tot omstreeks 2022 |
Instrument | Teleskoop |
Grootte | 4,6 m × 2,3 m |
Massa | 1 392 kg |
Krag | 1910 W |
Wentelperiode | 180 dae |
Periapside | 263 000 km |
Apoapside | 707 000 km |
Webtuiste | sci.esa.int/gaia |
Gaia is ’n ruimtesterrewag van die Europese Ruimtevaartorganisasie (ESA) wat in 2013 gelanseer is en na verwagting tot omstreeks 2022 werksaam sal wees. Die doel van die ruimtetuig is om die noukeurigste driedimensionale kaart nog van die hele Melkweg saam te stel. Gaia moet die posisies, afstande en snelhede van meer as ’n miljard voorwerpe (hoofsaaklik sterre, maar onder meer ook planete, komete, asteroïdes en kwasars)[4] bepaal met ’n noukeurigheid van sowat ’n 10 miljoenste boogsekonde.[5][6] Hiervoor het dit die grootste digitale kamera wat nog gebou is, met ’n resolusie van 1 gigapieksel.