Galaktiese gety

Die Muis-sterrestelsels, NGC 4676.

’n Galaktiese gety is ’n getykrag wat ondervind word deur voorwerpe wat beïnvloed word deur die swaartekragveld van ’n sterrestelsel soos die Melkweg. Spesifieke gevalle van galaktiese getye kan gesien word by botsings tussen sterrestelsels, die versteuring van ’n dwergsterrestelsel (of satellietstelsel) en die Melkweg se invloed op die Oortwolk van die Sonnestelsel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne