’n Galaktiese uitbulting of bol (Engels: bulge) is die sentrale, bolvormige verdikking in spiraalsterrestelsels. Die historiese siening is dat sulke uitbultings elliptiese sterrestelsels is wat toevallig ’n skyf sterre om hulle het, maar hoëresolusiefoto's deur die Hubble-ruimteteleskoop het onthul dat baie van hulle eienskappe het wat meer met spiraalstelsels ooreenstem. Daar word nou geglo dat daar twee soorte uitbultings is, dié soos spiraalstelsels en dié soos elliptiese stelsels.