Galleria dell'Accademia in Florence

Galleria dell'Accademia di Firenze
'n Beeld van die museum.

Openingsjaar 1784
Tipe museum Kunsmuseum
Michelangelo se Dawid, 1501-1504

Die Galleria dell'Accademia di Firenze, oftewel in Afrikaans die Galery van die Akademie van Florence, is 'n kunsmuseum wat in Florence, Italië geleë is. Dit is veral bekend as die tuiste van Michelangelo se beeldhouwerk Dawid.

Dit bevat ook ander beeldhouwerke van Michelangelo en 'n groot versameling skilderye van Florentynse kunstenaars uit die tydperk 1300 tot 1600, dit wil sê vanaf die Trecento (Die begrip Trecento (Italiaanse uitspraak: treˈtʃɛnto; kort vir die Italiaanse begrip milletrecento (1300) ) verwys na die 14de eeu in Italiaanse kulturele geskiedenis).[1] tot die laat-Renaissance.

Dit is kleiner en meer gespesialiseerd as die Uffizi, die belangrikste kunsmuseum in Florence. Dit is aangrensend tot die Accademia di Belle Arti di Firenze, oftewel in Afrikaans die Akademie vir beeldende kunste van Florence geleë; behalwe vir die naam het dit geen ander verbintenis daarmee nie.

In 2016 het altesaam 1, 461,185 besoekers dit besoek, wat dit die tweede mees gesogte kunsmuseum in Italië maak na die Uffizi (met 2, 02 miljoen besoekers).[2]

  1. Il Trecento (in Italiaans)
  2. "Official Italian visitor figures, 2016" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Januarie 2017. Besoek op 3 Desember 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne