Galway Sportgronde | ||
![]() | ||
Ligging | Galway, Ierland | |
---|---|---|
Koördinate | 53°16′44.4″N 9°2′22.92″W / 53.279000°N 9.0397000°W | |
Eienaar | Die Galway Landbou- & Sportgenootskap Bpk. | |
Kapasiteit | 8 100 | |
Oppervlak | Gras (veld), baan (sand) | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1927 | |
Huurders | ||
Ierse Windhondraad, Connacht Rugby |
Galway Sportgronde, ook bekend as Die Sportgronde en Galway Windhondstadion, is ’n veeldoelige stadion in Galway, Ierland. Die stadion is in 1927 geopen met ’n sokkerwedstryd maar is intussen hoofsaaklik vir rugbywedstryde en windhondwedrenne aangewend.
Die stadion is tans die tuisveld van Connacht vir alle oefeninge en wedstryde. Windhondwedrenne vir Vrydae en Saterdae plaas.[1]
Die stadion word op ’n langtermynbasis aan die Ierse Windhondraad (Bord na gCon) verhuur, wat die stadion vir windhondwedrenne gebruik. Dit word ook aan Connacht Rugby verhuur, wat die stadion gebruik vir wedstryde in die Pro14- en Europese toernooie.