Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gamma Andromedae
| ||||
Die ligging van Gamma Andromedae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Andromeda | |||
Bayer-naam | γ Andromedae A / BC | |||
Spektraaltipe | K3IIb (A)[1] B9,5V/B9,5V (B) (spektroskopiese dubbelster)[2] A0V (C) | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 03m 53.9531s (A)[3] / 02h 03m 54.720s (B)[4] | |||
Deklinasie | +42° 19′ 47.009″ (A)[3] / +42° 19′ 51.41″ (B)[4] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,26 (A)[3] / 4,84 (BC), 5,5 (B) 6,3 (C)[5] | |||
Absolute magnitude (M) | -2,9 (A) / -0,3 (BC) | |||
B-V-kleurindeks | +1,37 (A)[1] / +0,03 (BC) | |||
U-B-kleurindeks | +1,58 (A)[1] / -0,12 (BC) | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 80 (A)[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 2 000 (A)[6] | |||
Temperatuur (K) | 4 500 (A)[6] | |||
Ander name | ||||
A: Almach, Almaach, Almak, Almaak, Alamak, γ1 And, Gamma1 Andromedae, Gamma1 And, γ Andromedae A, γ And A, Gamma Andromedae A, Gamma And A, 57 Andromedae A, 57 And A, STF 205A, ADS 1630 A, BD+41 395, CCDM J02039+4220A, FK5 73, GC 2477, HD 12533, HIP 9640, HR 603, IDS 01578+4151 A, PPM 44721, SAO 37734, WDS 02039+4220A.[3][1][7] BC: γ2 And, Gamma2 Andromedae, Gamma2 And, γ Andromedae BC, γ And BC, Gamma Andromedae BC, Gamma And BC, 57 Andromedae BC, 57 And BC, HD 12534, HIP 9640, HR 604, SAO 37735, WDS 02039+4220BC.[8] | ||||
|
Gamma Andromedae (afgekort as γ And), is 'n veelvoudige ster wat sowat 350 ligjare van die Son af geleë is.[9][10] Dit is die derde helderste ligpunt in die sterrebeeld Andromeda.
In 1778 het Johann Tobias Mayer ontdek dat γ Andromedae ’n dubbelster is. Wanneer dit deur ’n klein teleskoop waargeneem word, lyk dit soos ’n helder, goudgeel ster (γ1 Andromedae) en ’n dowwer, blouerige ster (γ2 Andromedae) sowat 10 boogsekondes uitmekaar.
γ1 Andromedae staan ook bekend as Almach,[11] tardisioneel die naam van die hele stelsel. Dit is afgelei van die Arabiese woord vir rooikat.[12]
Dit is gewild onder sterrekykers as ’n pragtige dubbelster met ’n treffende kleurkontras.[9][3] Later is ontdek dat γ2 Andromedae self ’n driedubbele sterstelsel is. Wat dus met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n stelsel met vier sterre.