’n Standbeeld van Je Tsongkhapa, die stigter van die Gelug-skool en die 1ste Ganden Tripa, op die altaar van sy tempel in die Kumbum-klooster naby Qinghai in China. Foto deur die skrywer Mario Biondi, 7 Julie 2006.
Ganden Tripa ("Houer van die Ganden-troon") is die titel van die spirituele hoof van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme, die skool wat Sentraal-Tibet van die middel 17de eeu tot die 1950's beheer het. Die huidige en 102de Ganden Tripa is Thubten Nyima Lungtok Tenzin Norbu.[1] Hy is die hoof van die Gelug-skool en nie, soos dikwels geglo word, die Dalai Lama nie.[2][3]
Je Tsongkhapa (1357–1419), wat die Gelug-skool gestig het, was die 1ste Ganden Tripa.
Die Ganden Tripas word aangestel en is nie reïnkarnasies soos die Dalai Lamas nie. Hulle word elke sewe jaar op meriete verkies.[4] Dus was daar al 102 Ganden Tripas teenoor 14 Dalai Lamas.
↑Jewel Heart (10 November 2010). "His Holiness the Ganden Tripa to visit Jewel Heart this weekend" (in Engels). Michigan, VSA: Ann Arbor News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. His Holiness Ganden Tri Rizong Rinpoche is the supreme spiritual head of the Tibetan Buddhist Gelugpa tradition worldwide.
↑Powers, John. "Gelukpa Tibetan Buddhism" inskrywing in Melton, J. Gordon, en Martin Baumann. 2002. Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices. Santa Barbara, Kalif: ABC-CLIO. p. 533.
↑Dr. Alexander Berzin (November 2014). "Special Features of the Gelug Tradition - para. on Administration". The Buddhist Archives of Dr Alexander Berzin (in Engels). Berzin Archives. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 8 Mei 2015. The Dalai Lamas are not the heads of the Gelug tradition