Geert Wilders

Geert Wilders
Geert Wilders
Wilders in 2014

Parlementêre leier van die PVV in die Tweede Kamer
Ampsbekleër
Termynaanvang
23 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die PVV
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die Groep Wilders
Ampstermyn
2 September 2004 – 30 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die VVD
Ampstermyn
26 Julie 2002 – 2 September 2004
Ampstermyn
25 Augustus 1998 – 23 Mei 2002

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 September 1963 (1963-09-06) (61 jaar oud)
Venlo, Nederland
Politieke party PVV (2006–hede)
Onafhanklik (2004-2006)
VVD (1989–2004)
Eggenoot/-note Krisztina Wilders (1992-hede)
Alma mater Open Universiteit Nederland

Geert Wilders (gebore 6 September 1963 in Venlo) is 'n Nederlandse politikus wat aan die Party vir die Vryheid (PVV) behoort, 'n Nederlandse populistiese politieke party wat in 2006 gestig is en waarvan hy sedertdien die partyleier is.[1][2] Sedert 1998 is hy 'n lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal, tot 2004 vir die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) en tot 2006 vir die Groep Wilders, die voorloper van die PVV.

Wilders is gekant teen die immigrasie van (veral Moslemse) buitelanders, 'n felle teenstander van die Islamitiese godsdiens asook 'n groot voorstander van die vryheid van meningsuiting, asook vir swaarder strawwe. Ook staan hy bekend as pro-Israel en as 'n teenstander van 'n Palestynse staat.

  1. Castle, Stephen (5 Augustus 2010). "Dutch Opponent of Muslims Gains Ground". The New York Times. Netherlands. Besoek op 31 Mei 2011.
  2. Mock, Vanessa (11 Junie 2010). "Wilders makes shock gains in Dutch elections". The Independent. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2019. Besoek op 18 Junie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne