Gelykrigter

'n Brug gelykrigter met diodes

'n Gelykrigter (English: Rectifier) is 'n drywingselektronika toestel wat gebruik word om 'n wisselstroom (WS) toevoer om te skakel na 'n gelykstroom (GS).

Die proses staan bekend as gelykrigting omrede dit die stroomvloei in een rigting laat plaasvind. Fisies neem gelykrigters 'n aantal vorme aan, insluitend vakuumbuisdiodes, nat chemiese selle, kwikboogkleppe, stapels koper- en seleniumoksiedplate, halfgeleierdiodes, silikonbeheerde gelykrigters en ander silikongebaseerde halfgeleierskakelaars.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne