Gemeindebau

Karl-Marx-Hof in Döbling, een van Wene se 23 administratiewe distrikte. Hierdie woonstelblok, wat die bynaam "Versailles van die Arbeiders" gekry het,[1] het tussen 1927 en 1930 as een van die mees ambisieuse projekte van die Gemeindebau-program ontstaan. Dit bevat 1 300 woonstelle en strek oor 'n lengte van een kilometer

Die Oostenrykse Duitse term Gemeindebau verwys in Oostenryk na 'n soort munisipale woonstelkompleks wat veral in die vroeë 20ste eeu opgerig is om die groot woningsnood te verlig. Gemeindebauten, die hartstuk van "Rooi Wene", soos die Oostenrykse hoofstad tussen 1919 en 1934 genoem is toe die Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty SPÖ met 'n algehele meerderheid as stadsregering verkies is, het sedert die 1920's 'n belangrike deel van Wene se boukuns en kultuur geword, met sowat 400 woonstelblokke in die hele stadsgebied wat 'n tiende van die Weense bevolking gehuisves het – en aan baie werkersklasgesinne vir die eerste keer in hul lewe menswaardige huisvesting verskaf het.

  1. Gerald Kriechbaum (red.): Karl-Marx-Hof: Versailles der Arbeiter. Wien: Holzhausen 2008

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne