Gemini 7 (amptelik Gemini VII)[1] was die vierde bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program. Dit was ook die twaalfde bemande ruimtevlug van Amerika. Dit was die 21ste bemande ruimtevlug, insluitend die Sowjetunie- en die Amerikaanse X-15 vlugte, wat bokant die Kármán-lyn gevlieg het.
Die bemanning was Frank Borman en Jim Lovell, hulle het byna 14 dae in die ruimte deurgebring en 206 keer om die aarde gewentel. Hulle ruimtetuig was die passiewe teiken vir die eerste bemande ruimterendezvous, uitgevoer deur die bemanning van Gemini 6A.