Geminides

Geminides
Die Geminides soos gesien in die Noordelike Halfrond.
Die Geminides soos gesien in die Noordelike Halfrond.
Ontdekking  1862[1]
Moederliggaam  3200 Phaethon[2]
Uitstralingspunt
Sterrebeeld  Tweeling (naby die ster Castor)
Regte klimming  07h 28m[2]
Deklinasie  +32°[2]
Eienskappe
Voorkoms  7–17 Desember[2]
Hoogtepunt  14 Desember
Spoed  35 km/s[3]
Sterre per uur  75+[2]

Die Geminides is ’n meteoorreën wat deur die voorwerp 3200 Phaethon veroorsaak word;[4] dit is vermoedelik ’n Pallas-asteroïde[5] met ’n rotskomeetwentelbaan.[6] Die Geminides en Quadrantides is die enigste meteoorreëns wat nie deur ’n komeet veroorsaak word nie. Die meteore van dié reën beweeg stadig en kan in Desember gesien word – die hoogtepunt is die oggend van 14 Desember. Die reën word blykbaar elke jaar intenser en tydens onlangse voorvalle is 120 tot 160 meteore per uur waargeneem onder die beste sigtoestande, gewoonlik omstreeks 02:00 tot 03:00. Die Geminides is in 1862[1] die eerste keer waargeneem – baie meer onlangs as ander meteoorreëns soos die Perseïdes (36 n.C.) en Leonides (902 n.C.).

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kronk
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named moore_rees2011
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IMO2012P
  4. Brian G. Marsden (25 Oktober 1983). "IAUC 3881: 1983 TB AND THE GEMINID METEORS; 1983 SA; KR Aur (Circular No. 3881)" (in Engels). Central Bureau for Astronomical Telegrams. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 18 Mei 2009.
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NG2010
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jewitt2010

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne