Gender-identiteitsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | F64.9, F64.8 | |
ICD-9 | 302.85 | |
MedlinePlus | 001527 | |
MeSH | D005783 | |
Mediese waarskuwing |
Genderdisforie, voorheen genoem genderidentiteitsteuring, is die amptelike diagnose vir mense wat aansienlike disforie (’n diepe ontevredenheid) ervaar met hul geslag by geboorte aangewys en/of die rolle wat met dié geslag verbind word. Daar is getuienis dat sulke mense nie net so voel om psigologiese en gedragsredes nie, maar ook biologiese redes wat verband hou met hul genetika, die samestelling van hul brein of ’n voorgeboortelike blootstelling aan hormone.[1]